Translate

Thursday, May 16, 2013

Die donkie is 'n wonderlike ding !  - Dube Wildreservaat naby Pretoria

Wednesday, May 15, 2013

AFRIKANERS IS PLESIERIG !


Ek is ‘n Rooinek Afrikaner, of is dit ‘n Engelse Boertjie – om ‘t ewe !   Afrikaans is my tweede taal, maar dit lê my na aan die hart.  ‘n Mens kan jou gedagtes laat gaan sonder om te wonder of jy die regte woorde gekies het om jouself uit te druk.   Die bonus is dat jy in soveel meer woorde per minuut kan gesels, selfs die pas versnel of verstel soos die geselskap vorder.

Afrikaners is plesierig, en in sulke goeie geselskap kan jy jouself wees !

Ek verwelkom Afrikaners (en Ingelse wat lief is vir ons taal) van dwarsoor die wêreld om met my te kommunikeer oor enige onderwerp wat hulle interesseer, en my te korrigeer, indien nodig !
Foto’s is ook baie welkom !